We-R-Real Estate Logo
You are here: We-R-Real Estate / Residential / For Sale / Mookgopong / Mookgopong Rural / Sectional Title / 3 Bedroom Sectional Title For Sale in Mookgopong Rural

R2,750,000 | 3 Bedroom Sectional Title For Sale in Mookgopong Rural

SHOWING LISTING 1 OF 1
GET EMAIL
ALERTS
0
VIEW MY
FAVOURITES
GALLERY

R2,750,000

Monthly Bond Repayment R27,918.79
Calculated over 20 years at 10.75% with no deposit. Change Assumptions

Calculate Affordability | Calculate Bond & Transfer Costs | Currency Converter

Monthly Levy
R5,141
Monthly Rates
R1,569.10

Netjiese moderne pragtige 3 Slaapkamer woning in Die Oog Afree-landgoed .

Netjiese moderne pragtige 3 Slaapkamer woning in Die Oog Afree-landgoed.

Hierdie pragtige woning is baie privaat en ontwerp vir ontspanne bosveldlewe met oop ruimtes. Hier sal jy 'n rustige omgewing met gemoedsrus ervaar vir jou goue jare in die hartjie van Limpopo Bosveld, naby Naboomspruit in die Waterberge, by Die Oog Afree-Landgoed.

Hierdie lieflike huis is in 'n gesogte fase van die landgoed geleë en bied privaatheid en nabyheid aan die natuur, met die bykomende voordeel van toegang tot goed versorgde fasiliteite van hoë gehalte, aktiewe lewe met 'n magdom sosiale aktiwiteite om aan deel te neem, mediese fasiliteite, restaurant en veilige leefstyl.

Vanaf die binnekoms van die huis word jy verwelkom deur die oopplan uitleg en hoë dak wat eksta ruimte skep en oop spasies. Die vloei van die oopplan is van die komuis, na die eetkamer, tv kamer, werks kamer na die privaat sitkamer.

Die pragtige kombuis is ruim met oorgenoeg ingeboude kaste, granietblaaie, 4-plaat gasstoof, afsuigwaaier en elektriese ondertoonbankoond. Daar is plek vir dubbeldeur-yskas, dubble wasbak met ‘n watersuiweraar. Vanuit die kombuis is daar ‘n privaat binnehof wat na die wasgoedlyn lei met 'n buite wasbak.

Die wasmasjien en tuimeldroër is geleë binne in die motorhuis wat direk in die huis in vloei.

Die eetkamer vloei naatloos vanaf die kombuis en dan na die Tv kamer met 'n ingeboude kaggel. Die sitkamer is meer privaat wat dan na ‘n studeerkamer spasie of werkskamer toe vloei. Die lugversorging in die sitkamer hou daardie area van die huis deurgaans koel. Daar is 'n skuifdeur na die pragtige patio area wat uitstekend is vir vermaak, met ingeboude braai vir onthaal en kyk uit oor die natuurskoon wat omring is deur bome en bosveld plante groei.

Die hoofslaapkamer is baie ruim met lugversorging en dakwaaier, met skuifdeure wat na die privaat pragtige agterplaastuin lei. Daar is baie ingeboude kaste en lei na die en suite-badkamer wat bestaan uit die mooiste bad, toilet en wasbak met ingeboude vanity kaste met granietblaaie.

Die tweede en derde slaapkamers is ook ruim met ingeboude kaste en dakwaaiers vir die warm bosveld somers.

Die tweede badkamer bestaan uit 'n stort, wasbak met vanity kas en toilet.

Daar is 'n dubbeldeur-linnekas vir ekstra stoor- en pakruimte.

Al die vloere in die huis is deurgaans volledig geteël met moderne teëls en is maklik om te onderhou en hou die huis koel in warm somer bosveld weer.

Verder bied die woning ‘n outomatiese motorhuis met ingeboude kaste en werkspasie met ‘n dubbel afdak wat ekstra lank en hoog genoeg is vir ‘n karavaan met skadubedekking .

Die bonus is die sonpanele en die inverters vir as daar beurtkrag is.

Hierdie pragtige onberispelike huis in Die Oog Afree-landgoed is die perfekte keuse vir diegene wat 'n balans soek tussen 'n rustige Bosveldleefstyl en die geriewe van 'n goed versorgde, aktiewe aftreegemeenskap.

Die heffing sluit die volgende in:
• 24/7 bewaakte sekuriteit
• Skoonmaak van huis een keer per week
• Tuindienste een keer per week
• Huisversekering en instandhouding aan die buitekant van die huis
• Gratis toegang tot al die geriewe van Die Oog Afree-Landgoed

Bel my vandag om nie hierdie fantastiese geleentheid te misloop nie!

Features

3
2
1
Pets Allowed
Yes
Interior
Bedrooms
3
Bathrooms
2
Kitchen
1
Reception Rooms
3
Study
1
Furnished
No
Exterior
Garages
1
Security
Yes
Parkings
2
Pool
Yes
Scenery/Views
Yes
Sizes
Floor Size
185m²
Land Size
400m²
STREET MAP
STREET VIEW
-24.449693, 28.616358
Bernice Maree
Bernice Maree
Chief Growth Officer Registered with PPRA
(FFC 0465532)
Show number View my listings WhatsApp
1
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the We-R-Real Estate website is accurate and up to date, We-R-Real Estate makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.